Wednesday, April 15, 2009

Elisabeth Eybers - Droom

Die aarde 't omgeslaan voor ek ontwaak:
soos stringe waterborrels saamgeryg
het sterre uit die dieptes opgestyg
en een-een oopgespat toe 'k aan hul raak.

My snaarstrak ligaam wat die aardbol skraag,
van hakskene tot harspan sy gewig
moet stut, is ook vir hierdie taak te lig
en kan die seker wegsink skaars vertraag.

Êrgens is daar 'n laaste koue vloer
waarheen ek sak, ek wat die aarde tors,
en as ek saggies neerstryk op mijn bors,
hoe sal ek nog kan asemhaal of roer?

Maar as 'n dun gil deur my gorrel gly
dan word die wit son met 'n duiseldraai
van honderdtagtig grade teruggeswaai
en is die harde grond weer ònder my.
Elisabeth Eybers - Die Helder Halfjaar